# Die vakbond GIWUSA verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse met 25-basispunte te verlaag. Die terugkoopkoers is die koers waarteen die sentrale bank geld aan kommersiële banke leen en dit staan tans op sewe-persent, met die prima uitleenkoers wat verlaag is tot 10,5-persent. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie klein aanpassing is egter steeds hopeloos onvoldoende teen die strukturele krisis wat werkersklasgemeenskappe verwoes:
GIWUSA sê die Reserwebank-koersverlaging is welkom, maar steeds onvoldoende [KLANK]
ENG MametlweonSARSRateCute