# Cosatu in die Wes-Kaap sê die vier-persent verhoging in die prys van buskaartjies deur Golden Arrow-Busdiens sal werkers en die armes die meeste raak. Die vakbondfederasie voer aan die verhoging wat op 11 Augustus in werking tree, sal lae-inkomste werkers die swaarste tref, met baie pendelaars wat al reeds 40-persent van hulle lone op vervoer spandeer. Die provinsiale sekretaris van Cosatu, Malvern de Bruyn waarsku oor massa-betogings as die besluit nie gekanselleer word nie: