Skip to content

Wêrelddag teen Mensehandel: Justisie vra alle Suid-Afrikaners om te help met beëindiging van mensehandel

# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling versoek alle Suid-Afrikaners om te help met die beëindiging van mensehandel, om na kinders om te sien en hul aanlyn gedrag dop te hou. Dit is vandag Wêrelddag teen Mensehandel met die tema ‘Mensehandel is Georganiseerde Misdaad – Beëindig die Uitbuiting’. Die departement sê die afgelope jaar is 74 mense uit mensehandel gered met die meerderheid vroue, kinders en jongmense onder 25.