Skip to content

SANW bevestig tragiese dood van ‘n soldaat tydens Operasie Corona in Limpopo

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bevestig ‘n soldaat is dood tydens Operasie Corona in die Madimbo-gebied in Limpopo. Die SANW se woordvoerder, Prins Tshabalala, sê Soldaat X Raynard is Sondag dood aangetref naby die operasionele basis se Geel Hek. Hy sê vroeë aanduidings toon dat hy moontlik deur ‘n trop olifante doodgetrap is toe hy roetine-patrollies in die gebied uitgevoer het. Sy dienswapen is op die toneel gevind.