Skip to content

Verklaring van Franco Three Fountains-natuurreservaat as beskermde gebied is positiewe stap vir biodiversiteit

# Die Wes-Kaapse LUR van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die Franco Three Fountains-natuurreservaat beskerm unieke ekosisteme en bedreigde spesies. Die 20-hektaar natuurreservaat, geleë in die Klein Dassenberg-kleinhoewegebied naby Kaapstad, is as ‘n beskermde gebied verklaar. Dit is die eerste beskermde gebied wat toegewy is aan die beskerming van die seldsame en bedreigde Kaapse seisoenale waterpoel-ekosisteem. Bredell sê dit is ‘n positiewe stap vir die bewaring van biodiversiteit.