Skip to content

Wits sê klimaatsverandering het 2022 se oorstromings in Durban vererger

# Die rampspoedige oorstromings in Durban in April 2022 wat 544 lewens geëis het, is deur klimaatsverandering vererger. Dit is volgens ‘n nuwe studie van die Universiteit van die Witwatersrand. ʼn Klimaatbydrae-model op kilometer-skaal is gebruik. Dit boots die storm na in vandag se warmer klimaat teenoor ʼn wêreld sonder mensgemaakte aardverwarming. Drie belangrike faktore wat groter reënval veroorsaak is geïdentifiseer. Dit is ʼn warmer atmosfeer wat veroorsaak word deur kweekhuisgasse, die Agulhas-seestroom wat die afgelope dekades warmer geword het en veranderings in windpatrone wat meer vogtige lug oor KwaZulu-Natal invoer.