# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie van Ondersoek, Regter Mbuyiseli Madlanga, sê pogings om ‘n perseel en infrastruktuur te bekom vir verhore oor die KZN-polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se korrupsiebewerings is tans aan die gang. Madlanga verseker die publiek dit sal nie die vordering vertraag nie, aangesien daar reeds met voorbereidings begin is. Die aantal getuies en die volledige tydlyn is nog nie aangekondig nie. Madlanga sê dis belangrik om getuies te beskerm en sê ‘n voorlopige verslag word binne drie maande verwag:
Madlanga-kommissie word in Gauteng gehou ten spyte van infrastruktuur-vertragings [KLANK]
ENG-MadlangaOnPremises