# Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, verwerp die MK-party se bewerings wat haar departement die skuld gee vir mislukkings in uitvoerende toesig en wetgewende hervormings. Ramokgopa sê die departement bevorder beplanning en monitor regeringsprestasie, nie implementering van wetgewing nie. Ramokgopa voeg by die MK-party se verklaring openbaar ‘n wanbegrip oor die departement se rol en verwelkom verdere gesprekke in die Parlement. Sy het beklemtoon die departement is steeds verbind tot die Nasionale Ontwikkelingsplan, die VN se Maatskaplike Ontwikkelingsdoelwitte en die Afrika-Unie se Agenda 2063.
Minister Ramokgopa verwerp MK-party se bewerings oor mislukkings in uitvoerende toesig