Skip to content

Macpherson skort Openbare Werke-fondse aan Matjhabeng op oor korrupsiebewerings

# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het alle betalings uit die Uitgebreide Openbare Werke-program na die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat opgeskort na aanleiding van berigte van buitensporige salarisse wat aan mense met politieke bande betaal is. City Press het onthul dat voormalige raadslede en ampsdraers meer as 31-duisend-rand per maand verdien, ver bo die program se beoogde toelaag. Macpherson het ‘n volledige ondersoek versoek. Hy sê die Uitgebreide Openbare Werke-program sal hervorm word om korrupsie uit te skakel en te verseker dat dit werklose Suid-Afrikaners bevoordeel.