# Die Gautengse kleuterskool-onderwyseres Amber Lee Hughes het erken dat sy haar gewese kêrel se dogtertjie verdrink het. Haar nuwe regspan het bykomende voorleggings gedoen in die Hooggeregshof in Johannesburg. Hughes het erken dat sy die vierjarige Nada-Jane Challita in 2023 verdrink het in haar huis in Glenvista, Johannesburg, na ‘n rusie oor die pa se beweerde ontrouheid. Phindi Mdonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê sy verwys na ‘n persoonlikheids-afwyking, maar was ten volle bewus van haar optrede. Hughes het die verkragting-aanklag ontken. Die saak is tot 7 Augustus uitgestel vir slotbetoë.
Kleuterskool-onderwyseres Amber Lee Hughes erken sy’t haar eks se dogter vermoor