# Die Gondwana privaat wildreservaat naby Mosselbaai in die Suid-Kaap het bevestig sy uitvoerende hoof en mede-eienaar is die persoon wat Dinsdag deur ‘n olifant doodgetrap is. Die 39-jarige FC Conradie word oorleef deur sy vrou en drie jong kinders. Hy word beskryf as ‘n geliefde en hoogsgerespekteerde persoon in die bewaringsgemeenskap, en sy onwrikbare toewyding tot natuurbewaring, gemeenskapsopheffing en volhoubare toerisme sal ‘n langdurige impak hê. Plaaslike polisie het met ‘n geregtelike doodsondersoek begin.