# AfriForum het die polisie gekritiseer vir die vertraging van drie maande met die opening van ‘n verkragtingsaak van ‘n Gautengse vrou wat na bewering bedwelm en aangerand is. Die vrou het ‘n buurman vir drankies besoek en later in die Tshwane-distrikshospitaal wakker geword sonder enige herinnering van die nag. Barry Bateman van AfriForum sê ondanks bewyse in die saak, wat in April aangemeld is, het die polisie eers dié maand die saak geopen na die forum se privaat vervolgingseenheid ingegryp het:
AfriForum looi polisie vir lang vertraging met registrasie van verkragtingsaak ondanks bewyse [KLANK]
AFR BatemanOnRapeCase