Skip to content

EFF verwerp steeds die nasionale begroting [KLANK]

# Die EFF sê hy sal nie die Toedelingswetsontwerp ondersteun nie en hou by sy standpunt dat die begroting verwerp moet word. Omphile Maotwe van die EFF het in ‘n toespraak in die Nasionale Vergadering gesê die begroting is ontwerp om ‘n brose koalisieregering aan die gang te hou eerder as om die mense te dien. Maotwe het die regering van nasionale eenheid daarvan beskuldig dat hulle die begroting gebruik om interne koalisie-geskille te besleg. Sy het bygevoeg die begroting misluk om armoede, ongelykheid en werkloosheid aan te spreek:

ENG MaotweOnVoteBudget