# ‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op die hoofouditeur van die Ekurhuleni-munisipaliteit in Gauteng. Mpho Mafole is verlede maand op die R23-pad in Kemptonpark doodgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê ‘n 40-jarige man sal na verwagting môre in die plaaslike Landdroshof verskyn. Sy sê die span soek ook na ‘n tweede verdagte, Hlanganani Mncwango, nadat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is:
Verdagte vasgetrek vir moord op hoofouditeur van Ekurhuleni-munisipaliteit [KLANK]
ENG DimakatsoonChiefAuditor