# Die akteur Malcolm-Jamal Warner, veral bekend vir sy rol as Theodore Huxtable in die gewilde 1980’s sitcom, The Cosby Show, is in die ouderdom van 54 jaar oorlede. Hy was na wat berig word op ‘n gesinsvakansie in Costa Rica toe hy verdrink het toe hy gaan swem en in ‘n sterk stroom beland het. Warner is in 1986 vir ‘n Emmy vir The Cosby Show benoem. Warner het ook in die sitcom Malcom & Eddie gespeel wat vir vier seisoene uitgesaai is asook Reed between the Lines, Sons of Anarchy en The Resident.
Cosby Show ster, Malcolm-Jamal Warner, is oorlede