# Solidariteit sê FlySafair het uiteindelik ingestem tot bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, maar eers ná openbare druk en ‘n dreigende langdurige staking deur vlieëniers. Byna 90-persent van FlySafair se vlieëniers het vroeër aangedui hulle is bereid om te staak, waarna die lugredery met ‘n weeklange uitsluiting gedreig het. Helgard Cronjé van Solidariteit het FlySafair daarvan beskuldig dat hulle samesprekings vertraag, met onderhandelings wat eers Woensdag begin. Cronjé vra dringende oplossings wat die werkers en passasiers beskerm. FlySafair het reeds verskeie plaaslike vlugte gekanselleer.
Solidariteit verwelkom FlySafair se huiwerige terugkeer na die onderhandelingstafel