# Die Departement van Kuns en Kultuur in Gauteng sê die Mandelahuis-museum in Soweto sal nie gelikwideer word nie. Dit volg ná kritiek deur Soweto Toerisme oor vertragings om die saak op te los. Die museum is ‘n belangrike erfenisterrein, maar worstel reeds langer as vyf jaar met likwidasiedreigemente. LUR Matome Chiloane het aan SABC News gesê daar word met die likwidateurs gepraat om hierdie ikoniese landmerk te bewaar, wat Mandela se gesinslewe vanaf 1946 tot ’62 uitbeeld:
Gautengse Departement van Kuns en Kultuur gee versekering Mandelahuis-museum sal nie gelikwideer word nie [KLANK]
ENG-ChiloaneOnMandelaMuseum