Skip to content

Arbeidersparty verloor dringende aansoek om nasionale dialoog te stop

# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Arbeidersparty se dringende poging van die hand gewys, om die komende nasionale dialoog, wat op 15 Augustus begin, te stop. Die party het aangevoer president Cyril Ramaphosa het sy magte oorskry en die projek, ter waarde van 700-miljoen-rand het geen wetlike steun nie. Die hof het egter bevind dat Ramaphosa binne sy grondwetlike mandaat opgetree het om nasionale eenheid te bevorder, met geen bewyse van uitsluiting, skade of onwettige besteding. Die aansoek is van die hand gewys, maar daar was geen kostebevel nie.