Skip to content

Pandor erken VN-komitee se rol tydens apartheid met uitstalling op Mandela-dag

# Die voorsitter van die Nelson Mandela-stigting, Naledi Pandor, het die Internasionale Nelson Mandela-dag herdenkings met ‘n uitstalling by die VN-hoofkwartier in New York geopen. Die uitstalling se tema is, Our Shared Humanity in Action, en dit besin oor die rol van die VN se Spesiale Komitee tydens apartheid. Sy lewer vandag die hoofrede tydens die amptelike herdenking, en sal wêreldwye solidariteit aanmoedig in ‘n tyd van oorlog en ongelykheid. Die herdenking sluit ook die toekenning van die vyfjaarlikse Nelson Mandela-prys aan twee wenners in vir hul diens aan die mensdom.