# Dis vandag Internasionale Nelson Mandela-dag om Mandela se nalatenskap deur dade van diens en deernis te vier. Vanjaar se tema is Dis steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg. Individue, gemeenskappe en organisasies word vandag aangemoedig om na te dink oor Mandela se waardes en beginsels en ʼn positiewe invloed in hul eie gemeenskappe te wees. Die regering sê Suid-Afrikaners het hul eie individuele mag om van die wêreld ʼn beter plek te maak.
Internasionale Nelson Mandela-dag wil positiewe uitwerking in gemeenskappe hê