# Vier-en-vyftig sterftes binne die afgelope 24-uur word gekoppel aan die swaar reën in Pakistan, wat die dodetal op ongeveer 180 te staan bring sedert die moeson die land aan die einde van Junie getref het. Daar was sedert Woensdagoggend aanhoudende stortreën in dele van die Punjab-provinsie, wat gelei het tot stedelike oorstromings. Inwoners wat naby ‘n rivier in die stad Rawalpindi, langs die hoofstad Islamabad, bly, is aangesê om te ontruim omdat die watervlak skerp gestyg het.
Minstens 180 mense dood in moesonreën in Pakistan