# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering finaliseer die nuwe Wetsontwerp op Kubersekerheid om sy verdediging teen aanlyn bedreigings te versterk. Ntshavheni het op ‘n nuuskonferensie gesê die wetsontwerp volg op die voltooiing van die nasionale kubersekerheidstrategie. Die strategie sal fokus op die verbetering van digitale veiligheid, die verhoging van openbare bewusmaking, en die beskerming van kritieke infrastruktuur. Sy voeg by die wetgewing sal die regering leid oor hoe om te reageer op kuberaanvalle, data-oortredings en die misbruik van opkomende tegnologieë soos kriptogeldeenhede:
Wetsontwerp op Kubersekerheid in laaste stadium, SA berei voor om reaksie op aanlyn bedreigings te versterk [KLANK]
ENG NtshavheniOnCybersecurity