Skip to content

Universiteit van Pretoria plaas die kollig opnuut op voedselonsekerheid by SA universiteite

# Die Universiteit van Pretoria sê met die herdenking van die Mandela-maand, is dit ‘n gepaste tyd om opnuut aandag te gee aan die stille krisis van voedselonsekerheid by Suid-Afrikaanse universiteite. Die vlakke van voedselonsekerheid by universiteite regoor die land wissel van elf- tot 38- persent. UP se direkteur van Studentesake, Kgadi Mathabathe, sê diegene wat ‘n mate van voedselonsekerheid en ‘n gebrek aan voldoende voeding ondervind, verdiep die siklus van ongelykheid, veral onder Afrika- en eerstegeslag-studente. Sy voeg by voedselonsekerheid raak geestesgesondheid, konsentrasie en bywoning.