# Duitse doeanebeamptes het op ongeveer een-duisend-500 tarantulas afgekom wat in ‘n besending koekies versteek was. Die besending van sewe-kilogram uit Viëtnam is op die Keulen-Bonn-lughawe onderskep nadat ‘n vreemde reuk opgemerk is. Die giftige spinnekoppe was in plastiekbuise verpak en baie het nie oorleef nie. Die oorblywende spinnekoppe is daarna onder professionele sorg geplaas. ‘n Strafregtelike ondersoek is van stapel gestuur na die persoon wat die besending moes ontvang het vir die versuim om belasting te betaal en na te laat om korrekte verklarings te maak.
Duitse doeanebeamptes ontdek talle gesmokkelde tarantulas