Skip to content

Nuwe RGN-opname dui aan dat vertroue in die polisie tot geskiedkundige lae vlakke verkrummel het

# Die nuutse meningspeiling van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing toon openbare vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het tot sy laagste vlak in 27-jaar gedaal. Die opname oor sosiale sienings wys dat slegs 22-persent van volwassenes die polisie vertrou, terwyl wantroue tot 62-persent gestyg het. Vertroue het sedert 2011 afgeneem, met ‘n skerp afname na die Marikana-slagting, die onruste in Julie 2021 en korrupsie-bewerings wat vermeerder. Alle provinsies dui aan dat vertroue nou minder as 30-persent is, met Gauteng en KwaZulu-Natal wat albei slegs 18-persent vertroue aandui.