Skip to content

Keuring van ‘n jurie begin in die Lindani Myeni-polisieskietery-verhoor in Honolulu

# Die keuring van ‘n jurie begin vandag in ‘n siviele verhoor nadat die polisie die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler Lindani Myeni in 2021 in Honolulu op die Amerikaanse eiland Hawaii doodgeskiet het. Die stad het Myeni se weduwee, Lindsay, se versoek vir ‘n skikkingsaanbod van 26-miljoen-rand verwerp waarin sy rassediskriminasie en oormatige geweld beweer. Aanklaers het vroeër beslis die polisie se optrede was geregverdig, en geweier om strafregtelik te vervolg. Skadevergoeding word nou gevra in ‘n siviele saak nadat ‘n stadsraadstemming vir ‘n skikking buite die hof afgestel is.