# Die elfjarige Jayden-Lee Meek se ma, Tiffany Nicole Meek, het vandag in die Landdroshof in Roodepoort verskyn op aanklag van die moord op haar seun. Die Graad 6-leerder se gekneusde en gedeeltelik naakte liggaam is in Mei voor die gesin se huis in Fleurhof, Johannesburg, gevind, kort nadat sy ma hom as vermis aangemeld het. Landdros Ruby Mathyss het die saak tot Vrydag uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek. Die gemeenskap eis geregtigheid oor die jong seun se tragiese dood.
Jayden-Lee Meek se ma verskyn in hof op aanklag van sy moord