# Die Suid-Afrikaanse Sonkragnywerheidsvereniging verwag dat installasies vanjaar sal herstel. Sonkraginstallasies het met meer as 50-persent tot sowat een gigawatt in 2024/2025 gedaal van 2,4 gigawatt in 2023/2024. Die vereniging is van mening die herstel sal ondersteun word deur hoofsaaklik groot kommersiële en nywerheidsprojekte asook projekte wat ingevolge die regering se Verkrygingsprogram vir Hernubare Kragverskaffing verkry is. Hy voeg by die Suid-Afrikaanse sonkragmark kan op volhoubare wyse tussen 1,5- en 2-gigawatt jaarliks tot die netwerk byvoeg.
Sonkraginstallasies sal na verwagting vanjaar herstel