# Die Oos-Kaapse Hooggeregshof in die Baai hoor vandag die eerste deel van die staat se appèlproses teen die vryspreking van die televisie-evangelis Timothy Omotoso en sy twee medebeskuldigdes aan. Dit volg in opdrag van regter Irma Schoeman nadat die staat ʼn verduideliking van feitelike bevindings in haar uitspraak versoek het. Die drie is in April vrygespreek op aanklagte wat mensehandel en verkragting insluit. Omotoso is in Mei uit Suid-Afrika na Nigerië gedeporteer.
Hof hoor eerste deel van staat se appèlproses in Omotoso-saak