# Stad Tshwane het ‘n nuwe sakeplan vir die Tshwane Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap goedgekeur, wat daarop gemik is om jare se kwynende beleggings om te keer. Die plan het groot teikens om beleggingsfasilitering van twee-miljard-rand vir die volgende jaar tot vyf-mijard-rand teen 2028 te verhoog. Burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die plan ondersteun die stad se strategie vir ekonomiese herlewing, wat beoog om teen 2029, 80-duisend werksgeleenthede te skep en 17-miljard-rand se nuwe beleggins te lok:
Tshwane keur nuwe sakeplan goed om beleggings en werkskepping te stimuleer [KLANK]
ENG MabotsaBusinessPlan