# Tennis: Donald Ramphadi van Suid-Afrika en Gregory Slade van Britanje het die eerste keer deurgedring na die eindstryd van die rolstoel-dubbelspel op Wimbledon. Hulle het die tweede-gekeurde Ahmet Kaplan van Turkye en Sam Schroder van Nederland in ‘n naelbyt-halfeindstryd 7‑6, 1‑6, 7‑5 verras. Ramphadi en Slade speel Sondag in die eindstryd teen die eerste-gekeurde Guy Sasson van Israel en Niels Vink van Nederland in ‘n geskiedkundige mylpaal op die All England Club.
Tennis: Ramphadi bereik sy eerste Wimbledon-eindstryd in rolstoel-dubbels