# Die Gautrein-bestuursagentskap verander sy strategie om te strook met die 25-jaar Geïntegreerde Vervoermeesterplan in Gauteng, en begin met ‘n hersiening van sy uitbreidingsplanne. Die agentskap se uitvoerende hoof, Tshepo Kgobe, sê die fokus is nou daarop om onderbediende voorstede deur middel van ligte spoor en regstreekse roetes te bereik. Hy sê die voorgestelde netwerkuitbreiding sal groei vanaf 150-kilometer tot byna 300-kilometer, met nuwe aansluitingspunte, insluitend Mamelodi, Springs en Alberton, en die integrasie van privaat befondsing vir langtermyn volhoubaarheid.
Gautrein-agentskap hersien uitbreidingsplan met nuwe voorstedelik-gefokusde strategie