Skip to content

Organisasie neem kennis van SA se vordering met bekamping van buitelandse omkopery voor 2027-oorsig

# Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se Werkgroep oor Omkopery sê Suid-Afrika vorder met die bekamping van buitelandse omkopery, ten spyte van die skade wat deur staatskaping veroorsaak het. Die Fase 4-verslag beklemtoon sterker ondersoeke, regshervormings en oorgrens-samewerking. Suid-Afrika het sedert 2014, 18 sake van omkopery geopen maar worstel steeds met uitdagings in sy 14 voortgesette ondersoeke. Die organisasie verwelkom die beskerming van verklikkers maar eis verbeterde opsporing, vervolging en korporatiewe aanspreeklikheid, aan die vooraand van Suid-Afrika se nakomingsverslag in 2027.