Skip to content

Gebroke befondsingstelsel bedreig openbare universiteite in Suid-Afrika

# Suid-Afrikaanse universiteite ondervind ernstige druk as gevolg van voortdurende wanfunksionering in die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede. Linda du Plessis van die Noordwes-Universiteit waarsku instellings wat gehalte-onderwys moet lewer gaan gebuk onder vertraagde betalings, onttrekking van befondsing en swak bestuur. Die studente se stryd oorheers die opskrifte maar die finansiële en bedryfs-uitwerking op universiteite word dikwels nie raakgesien nie. Du Plessis sê dringende hervorming is nodig om ineenstorting te voorkom. Sy beklemtoon universiteite is nasionale bates en noodsaaklik vir ontwikkeling, vernuwing en ekonomiese hervorming.