Skip to content

DA dien strafregtelike klagte in teen minister van Polisie oor beweerde klagtes van inmenging

# Die DA gaan vandag by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie strafregtelike klagtes indien teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Dit volg ná plofbare aantygings deur die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, waarin Mchunu beskuldig word van inmenging by hoëprofielondersoeke en die ontbinding van ‘n taakspan wat politieke moorde ondersoek het. Mkhwanazi het die minister ook verbind aan die omstrede sakeman, Vusumuzi ‘Cat’ Matlala, wat in Mei in hegtenis geneem is vir poging tot moord. Die party sê Mchunu se optrede is niks anders as regsverydeling en magsmisbruik nie.