# Krieket: Die Indiese Premierliga se bedryfswaarde het tot ‘n geraamde 330-mijard-rand gestyg, met hierdie jaar se kampioenspan, Royal Challengers Bengaluru, wat nou die rykste franchise is. Die Amerikaanse beleggingsbank Houlihan Lokey sê dis ‘n verhoging van 13,8-persent teenoor verlede jaar. RCB het nou ‘n handelsmerkwaarde van 4,8-miljard-rand, gevolg deur Mumbai Indians met 4,3-miljard en Chennai Super Kings met 4,2-miljard. Die bank beskryf die IPL in sy verslag as ‘n internasionale verskynsel wat steeds die maatstaf in sportsake stel.
Krieket: Die bedryfswaarde van die IPL styg tot ‘n asemrowende R330-miljard