# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het drie parlementêre komitees gevra om dringend ondersoek in te stel na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se uitlatings, insluitend bewerings van politieke inmenging deur die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Die komitees oor Polisie, Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, en die gesamentlike staande komitee oor Intelligensie is versoek om die bewerings, wat nasionale veiligheidskwessies behels, dringend in ag te neem. Didiza sê dit is nie gepas om nou ‘n parlementêre debat oor die saak te hou nie, omdat daar nog nie bewyse is nie.
KZN-polisiekommissaris se bewerings na drie belangrike parlementêre komitees verwys