Skip to content

Kamer van Koophandel-opname wys handelsomstandighede verswak weens wêreld- en plaaslike druk

# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, se opname oor handelstoestande vir Mei en Junie dui aan dat saketoestande verswak het. Dit het vroeëre verbeterings in Maart en April omgekeer. Terwyl 51-persent van respondente gesê het omstandighede is beter as ‘n jaar gelede, verwag slegs 62-persent ‘n verbetering tydens die volgende ses maande, ‘n daling van die 69-persent in Mei. Die swak ekonomie, hoë werkloosheid, en wêreld-onsekerheid plaas groot druk druk op verwagtinge. Ondanks lae inflasie en sekere positiewe aanwysers soos voertuigverkope, bly handelsverwagtinge versigtig en ongelyk oor alle sektore heen.