Skip to content

China veroordeel Amerikaanse beperkings op die aankope van landbougrond deur Chinese burgers

# China het die nuwe beperkings deur die VSA op Chinese aankope van Amrikaanse landbougrond as diskriminerend beskryf en sê dit is ‘n skending van internasionale handelsreëls. Die Trump-administrasie het hierdie week gesê hy sal begin met beperkings op die aankoop van landbougrond deur Chinese burgers en ander “buitelandse teenstanders”. China se buitelandse ministerie het die beprekings beskryf as ‘n tipiese diskriminerende praktyk wat die beginsels van ‘n vryemark ekonomie en internasionale ekonomiese en handelsreëls verbreek. Die Trump-administrasie beplan ook die “herwinning van dit wat reeds deur China en ander buitelandse teenstanders gekoop is”.