# Die Spaanse polisie sê bewyse dui daarop dat Diogo Jota sy kragtige supermotor, ‘n Lamborghini Huracan, self bestuur het tydens verlede week se ongeluk waarin die sokkerspeler van Liverpool en sy broer dood is. Die owerhede meen ook daar is bewyse dat hy baie vinniger as die spoedgrens gery het. Die multimiljoenêr sokkerspeler was per motor en veerboot op pad na Liverpool vir die voor-seisoen. Die ongeluk het op die Rias Bajas-hoofweg naby Palacios de Sanabria in Spanje plaasgevind.
Diogo Jota het bestuur tydens noodlottige ongeluk