# Tax Justice South Africa waarsku die onwettige sigaretmark in Suid-Afrika is buite beheer. ‘n Nuwe IPSOS-studie toon onwettige sigarette word nou in meer as 76-persent van winkels verkoop, byna drie keer meer as drie jaar gelede. Handelsmerke van die Gold Leaf Tobacco Corporation wat by die Gold Mafia-skandaal betrokke was, oorheers tans die mark. Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, bepleit dringende optrede deur die Inkomstediens, die Valke en die Parlement, met ongeveer 250-miljoen-rand wat daagliks weens die onwettige ekonomie geplunder word.
Tax Justice SA sê onwettige handel in sigarette het chaotiese vlakke bereik