Skip to content

Europese Kommissie verander natuurbeskerming in langtermyn-beleggingstrategie

# Die Europese Kommissie het ‘n Padkaart tot Natuurkrediete bekendgestel. Dis bedoel om privaat beleggers aan te spoor tot optrede wat die natuur beskerm en bewaar, en erkenning te gee aan diegene wat dit doen en daarin belê. Die kommissie sê natuurkrediete sal bestaande openbare befondsing vir bioverskeidenheid aanvul. Hy beklemtoon klimaatrisiko’s veroorsaak groter versekeringskoste en kan in die volgende dekade tot sewe-persent van sake-ondernemings se jaarlikse wins beloop as hulle nie aanpas en natuurbewaring ondersteun nie.