Skip to content

Minister Hlabisa sê finansiële aanspreeklikheid is noodsaaklik vir die ramphersteltoelaag

# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê munisipaliteite wat voorheen rampverligtingfondse ontvang het, moet omvattende verslae indien met besonderhede oor hoe die fondse gebruik is. Die regering het ʼn ramphersteltoelaag aangekondig en 1,2-miljard-rand toegeken aan munisipaliteite in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Oos-Kaap wat onlangs deur rampe getref is. Hlabisa sê deursigtigheid, strategiese beplanning en finansiële aanspreeklikheid is noodsaaklik.