# Business Leadership South Africa sê dringende optrede is nodig om netwerkknelpunte op te los. Die organisasie sê vordering is wel gemaak na samewerking met die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, maar vertragings met die ontsluiting van privaat belegging en die koppeling van hernubare energieprojekte is ‘n bekommernis. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busisiwe Mavuso, sê in haar weeklikse nuusbrief geskille oor netwerktoegang, munisipale skuld en ’n gebrekkige verspreidingstelsel hou steeds groot uitdagings in. Mavuso meen ook vinniger optrede is nodig om betroubare elektrisiteit en ekonomiese bestendigheid te verseker.