# Die moordsaak van joernalis Sibusiso Aseri Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli is na die Hooggeregshof oorgeplaas. Dit is tydens die verskyning van die vyf beskuldigdes in die KwaMhlanga-landdroshof in Mpumalanga bevestig. Hulle bly almal in aanhouding. Die paartjie is sedert 18 Februarie vermis en hulle oorblyfsels is in Mei gevind nadat ‘n verdagte die plek uitgewys het. Die paartjie is sederdien begrawe. Die saak is tot 8 Augustus vir bykomende verklarings en die voorbereiding van bewyse uitgestel.
Hooggeregshof sal moordsaak van joernalis Ndlovu en sy lewensmaat aanhoor