Skip to content

Bykans 10 mense vandag in verskillende skietvoorvalle in Mitchells Plain doodgeskiet

# Bykans tien mense is vandag dood in skietvoorvalle in Mitchells Plain. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith het bevestig dat 60 wetstoepassingsbeamptes na die skietery ontplooi is om die polisie by te staan. Smith sê owerhede is besig om kalmte te herstel en pogings is onderweg om verdagtes te indentifiseer. Inwoners met enige inligting word aangemoedig om die polisie of die Stad se Openbare Noodkommunikasiesentrums te kontak terwyl ondersoeke voortgaan.