Skip to content

Tshwane bereik 98-persent van inkomste-teikens

# Die Stad Tshwane het 98-persent van sy inkomsteteikens vir 2024/25 behaal, deur die invordering van 40,5-miljaard-rand van ‘n 41,3-miljard-rand teiken. In ‘n verklaring het adjunkburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, gesê Junie was ‘n rekordmaand, met 106-persent van die maandelikse teiken wat bereik is. Die Stad koppel die sukses aan sy Aansporings- en Amnestieprogram, wat meer as 85-duisend kliënte gehelp het om hulle skuld te vereffen. Hy het inwoners en personeel vir hul ondersteuning geprys, en gevra vir voortgesette samewerking om dienslewering en finansiële stabiliteit te verseker.