Skip to content

VN-verslag wys Horing van Afrika beleef ergste droogte in 70 jaar

# ‘n Verslag van die Verenigde Nasies toon die Horing van Afrika beleef sy ergste droogte in 70 jaar. Dit volg na talle swak reënseisoene in Kenia, Ethiopië en Somalië. In Somalië is sowat 43-duisend mense in 2022 dood aan hongersnood wat deur droogte veroorsaak is. Die VN sê droogte het ʼn verwoestende uitwerking op mense en die natuur, ook elders in Afrika. Seekoeie word in Botswana in droë rivierbeddings gestrand terwyl olifante in Zimbabwe en Namibië uitgedun word om oorbeweiding te voorkom en honger gemeenskappe te voed.