Skip to content

Goeie ses-maande-syfers op JSE aangeteken

# Beleggers op die Johannesburgse Aandelebeurs het die eerste ses maande van die jaar baie goed gedoen met die Alle-aandele-aanwyser wat met 14,7-persent gestyg het. Die goeie vertoning kan egter net aan ʼn handjievol aandele toegeskryf word. Slegs 25-persent van die 289 genoteerde aandele het dubbelsyfer-opbrengste opgelewer en net 59 aandele se opbrengs was meer as 14-persent. Goud- en platinum-myne en die land se groot telekommunikasie-maatskappye met hul SEB-aandele het ook goed gedoen.