# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die land se heel eerste pluimvee-inentingsveldtog aangekondig as proaktiewe maatreël teen die uitbreking van voëlgriep. ʼn Inentingspermit is aan Astral Foods toegestaan wat die maatskappy toestemming gee om sowat 200-duisend braaihoenders in te ent. Dis ongeveer 5-persent van al Astral se aanteelhoenders met ʼn geraamde waarde van 35-miljoen-rand. Steenhuisen sê die veldtog is ʼn noodsaaklike stap om immuniteit te versterk en vernietigende ekonomiese verliese te voorkom. In 2023 is miljoene voëls uitgedun wat verskaffers en verbruikers geraak het.
Suid-Afrika begin eerste pluimvee-inentingsveldtog